Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Kampsuster" deur JAN F.E. CELLIERS
"Die Kampsuster" deur JAN F.E. CELLIERS [boodskap #46102] Ma, 09 Julie 2001 14:44
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Die Kampsuster
Jan F. E. Celliers

Suster Anna, ek voel dis die dood wat kom:
slaat ope die tentdoek, na buitekant om,
dat my oë vry oor die bulte gaan -
Suster Anna, ek hoor 'n kerkklok slaan.

Ek hoor hoe die kindertjies roep vir my;
van ons klompie moes ek nog die laaste bly.
Kom neem tog my hand, soos jy dikwels doet -
ag, altyd was suster vir ons so goed.

My man, hy lê ver langs Toegéla-stroom af,
en niemand weet waar of hy rus in sy graf;
ag, suster, en neem nou die Heer nog vir my,
dan is Pieter allenig nog owergebly.

Ek weet hy bly staan met sy roer in sy hand -
ja, trou tot die dood, vir sy volk en sy land;
en mog dit so wees dat die Heer hom behoed,
so bring hom tog, suster, sy moeder haar groet,

en sê vir hom , selfs op die donkere rand
het jy vrese nóg bewing gevoel aan haar hand;
en dit was haar troos, dat haar Pieter sal hou
aan sy God en sy land, aan sy ere en trou.

Die kindertjies, Breggie en Japie en Faan,
het suster die een ná die ander sien gaan;
en jy sê daar's 'n plekkie vir my nog gebly,
waar moeder kan rus aan klein Fanie se sy.

Die ou huis se murasie staat swart en ontbloot,
waar almal so saam was om moeder haar skoot;
maar ver van die huis en verstrooi deur die land,
rus almal tog saam in die Here se hand.

Oor die velde kruip saggies die awend se grou;
maar, suster, ek sien nog die hemel se blou -
Daar rol 'n gedreun oor die bulte aan -
suster Anna, ek hoor 'n kerkklok slaan….
Vorige onderwerp: "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF
Volgende onderwerp: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:22:24 MGT 2024